(6 - 8 porsies)
Sauerkraut (suurkool)

  • 30 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 250 g repiespek (streaky bacon), in klein blokkies gesny
  • 1 blik (770 g) sauerkraut, gedreineer

Verhit olyfolie in 'n pan. Braai ui en spek saam totdat spek effens bros is. Voeg sauerkraut by en meng goed deur. Verlaag hitte en verhit goed deur.

Duitse aartappelslaai

  • 1 kg Mediterreense aartappels
  • 15 ml karwysaad
  • 125 ml warm hoender-aftreksel
  • 1 ui, fyngekap
  • 5 eetlepels appelasyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 60 ml olie
  • hand vol vars pietersielie, fyngekap

Plaas aartappels in 'n groot kastrol. Bedek met water en voeg karwysaad by. Kook tot net gaar. Dreineer en laat staan vir sowat 5 minute. Skil aartappels terwyl hulle nog warm is. Sny in blokke en gooi dadelik warm aftreksel, ui en asyn by. Meng versigtig deur. Laat staan tot koud. Die aftreksel sal intrek. Geur met sout en swartpeper as afgekoel. Voeg olie en pietersielie by.

Duitse wors

  • 6 bockwurst-worse

Bring 'n kastrol met water tot kookpunt. Skakel plaat af as water kook. Plaas worse in water. Sit deksel op en laat staan vir minstens 10 minute totdat worse warm is. (As jy nie die plaat afsit nie en die worse kook in die water, sal hulle oopbars.)

Om te drink: Paulaner Weissbier