(4 porsies)

  • beesfilet van sowat 500 g
  • olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 komkommer, in dun skywe gesny
  • handvol vars basiliekruidblare
  • 10 sprietuie, in sowat 4 cm-stukke gesny
  • 400 g klein geel rosa-tamaties, gehalveer

Mosterd-slaaisous

  • 100 ml olyfolie
  • sap van 1 suurlemoen
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 15 ml korrelmosterd

Verhit jou oond tot 200 °C. Smeer die filet met ’n bietjie olyfolie en geur met sout en swartpeper. Verhit ’n swaarboompan. Braai die vleis vir so 4 minute tot dit oral geseël en bruin is. Plaas die filet op ’n bakplaat en sit in die oond vir 15 - 20 minute. Haal uit en laat afkoel. Sny in skywe en rangskik saam met die groente op ’n bord. Meng al die bestanddele vir die mosterd-slaaisous en sprinkel oor. Heerlik saam met ’n lekker brood.

Om te drink

Bedien ’n lekker effe-verkoelde rooiwyn. Van Loveren Merlot is liggehout en het sagte tanniene.