(Genoeg vir 4)

Braaityd: 10 minute

Gebraaide chorizowors

  • sowat 30 ml olyfolie
  • 4 chorizoworse, in die lengte gehalveer

Verhit olyfolie in pan. Plaas wors met die oopgesnyde kant na onder in pan. Braai so 5 minute en draai dan om. Braai nog 5 minute aan die ander kant. Die worse sal effe omkrul, maar dis reg so.

Tamatie-en-broccoli-slaai

  • 125 g langsteel-broccoli
  • 350 g gemengde klein tamaties
  • 45 ml olyfolie
  • 15 ml suurlemoensap
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Bring water in ’n kastrol tot kookpunt. Haal van hitte af en gooi broccoli in. Laat staan sowat 10 – 15 minute tot die steelgedeelte van die broccoli sag is. Dreineer en laat koud word. Halveer van die tamaties en sny die res in skywe. Meng saam met broccoli op opdienbord. Meng olyfolie en suurlemoensap saam. Geur met sout en peper. Gooi sous oor tamaties en broccoli.

Boneslaai

  • 1 blik (400 g) cannellini-bone, gedreineer en afgespoel
  • hand vol vars basiliekruidblare, grofgekap
  • 30 ml olyfolie
  • 15 ml suurlemoensap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Meng bone en basiliekruidblare in ’n bak. Meng olie, suurlemoensap en knoffel saam. Gooi oor bone. Meng goed en geur met sout en peper.