Resep deur Annerien Vermeulen

Dit laat jou nogal dink aan piesangbrood. Die piesang gee soetigheid aan die koekie en verlaag ook die vet-inhoud.

30 koekies

• 375 ml hawermout

• 250 ml klapper

• 72 g (180 ml) amandelmeel

• 2,5 ml sout

• 5 ml kaneel

• 2,5 ml wonderpeper

• 80 g (100 ml) rosyntjies

• 80 g (100 ml) gedroogde pere of appels, gekap

• 3 ryp piesangs, fyngemaak

• 60 ml kanola-olie

• 34 g (50 ml) suikerplaasvervanger soos Sugalite

• 5 ml vanieljegeursel

Verhit die oond tot 180 °C. Voer 2 bakplate uit met bakpapier en spuit met kleefwerende kossproei. Meng die hawermout, klapper, amandelmeel, sout en speserye. Roer die gedroogde vrugte by. Klits die piesangs, olie, suikerplaasvervanger en geursel saam. Meng die 2 mengsels goed. Skep lepelsvol van die mengsel op die voorbereide bakplate en druk effens plat met die agterkant van ’n lepel. Bak 20 minute tot ligbruin. Verlaag die oond se temperatuur tot 100 °C en laat die koekies vir ongeveer 15 – 20 minute uitdroog. Haal uit en laat afkoel.