(6 porsies)

  • 60 ml olyfolie
  • 12 klein pekeluie, geskil
  • 12 heel knoffelhuisies
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 18 klein bete
  • 8 eiers
  • 500 g repiespek, in blokkies gesny
  • 70 g klein slaaiblare van jou keuse

Slaaisous

  • 80 ml olyfolie
  • 30 ml suurlemoensap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit oond tot 160 °C. Verhit 45 ml van olyfolie in 'n pan en braai uie vir sowat5minute - net totdat dit begin kleur kry. Plaas uie saam met knoffel in oondroosterbak. Rooster vir sowat

30 minute tot sag en goudbruin. Haal uit, laat afkoel en geur met sout en swartpeper. Verhoog oondtemperatuur tot 180 °C. Draai elke beet toe met tinfoelie en plaas in oondroosterbak. Rooster vir 1 uur. Haal uit en laat afkoel, net totdat jy aan beet kan raak. Verwyder beetvelle. Kook eiers tot medium-hard en halveer. Verhit res van olyfolie en braai spek tot bros. Dreineer op kombuispapier. Meng bestanddele vir slaaisous en geur met sout en swartpeper. Rangskik slaaibestanddele op 'n opdienbord en sit voor met slaaisous.