(4 porsies)

  • 1 eiervrug, in blokkies gesny
  • 6 murgpampoentjies, in 2 cm-stukke gesny
  • 200 g klein rosa-tamaties
  • 1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
  • 1 geel soetrissie, in blokkies gesny
  • 6 vlapampoentjies (patty pans)
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 20 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 250 g volkoring penne-pasta (van durumkoring)
  • handvol vars basiliekruidblare, gebreek
  • sowat 8 klein mozzarellakaas-balletjies, gebreek

Verhit jou oond tot 200 °C. Meng al die groente en knoffel saam in ’n groot oondbak en drup die olyfolie oor. Geur met sout en peper. Plaas die bak in die oond en rooster die groente vir ongeveer 45 minute. (As die groente nog nie sag genoeg na jou sin is nie, kan jy dit verder rooster.) Kook die pasta volgens die aanwysings op die pak. Dreineer die pasta wanneer gaar en meng met die geroosterde groente. Meng die basiliekruid goed deur en sit voor met mozzarellakaas.

Wat van 'n gesonde 3-gang-spyskaart?