(8 porsies)

  • 800 groenboontjies, stingelkante verwyder maar punte behou
  • 100 g kasjoeneute
  • 2 groot pienk pomelo’s, in segmente gesny en membrane verwyder
  • vars koljanderblare
  • 4 – 5 sprietuie (spring onions), op die skuinste in skywe gesny

Lemmetjie-slaaisous

  • 60 ml vissous
  • 60 ml lemmetjiesap
  • 30 ml sagte bruinsuiker
  • 1 rooi brandrissie, fyngekap (pitte kan verwyder word om brand te verminder)

Blansjeer die groenbone in vinnig-kokende water vir 2 – 3 minute tot net sag. Verfris onder koue water (of plaas in ’n bak yswater). Verhit ’n pan en rooster die neute droog tot liggies verbruin. Haal uit die pan en hou eenkant. Roer die bestanddele vir slaaisous saam tot die suiker opgelos het. Meng sous goed met die pomelo, groenboontjies, koljanderblare en sprietuie. Plaas in ’n opdienbak en strooi neute net voor opdiening oor.

Wenk

Die boontjies is nóg lekkerder as jy dit vir ’n uur of twee in die sous marineer. Meng die pomelo, koljanderblare en sprietuie dan deur net voor jy dit voorsit, en strooi die neute oor. Die kasjoeneute kan met geroosterde amandels vervang word. Die lemmetjiesap kan met suurlemoensap vervang word met ’n subtiele smaakverskil: lemmetjies is nie heeltemal so suur soos suurlemoene nie. Indien die slaaisous te suur is, voeg nog sowat 5 ml bruinsuiker by.