(genoeg vir 8)

  • 2 vinkelbolle
  • 1 groot komkommer, in dun ringe gesny
  • 80 g suikerertjies, gehalveer
  • 4 groenappels, ontklok en in dun ringe gesny
  • 1 x 80 g-pak slaaiblare van jou keuse
  • 30 g basilieblare

Slaaisous

  • 60 ml olyfolie
  • sap en skil van 2 suurlemoen
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 1 hand vol pietersielie, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Gebruik ’n groenteskiller en sny vinkelbolle in lang dun repe. Plaas vir 5 minute in yswater. Dreineer. Plaas in groot slaaibak saam met res van die slaaibestanddele.

Slaaisous

Meng al die bestanddele met ’n draadklitser. Gooi oor slaai. Meng liggies met vingerpunte om alles met sous te bedek. Geur goed met sout en swartpeper en sit voor.