So 'n slaai met klein groentetjies maak jou lus om dit stuk-stuk met die hand uit te haal en daaraan te peusel - vandaar die naam peuselslaai. 'n Nuwe gier van die Britse sjef Jamie Oliver is om slaai op 'n groot houtplank te sit.

  • 1 pak slaai met baba-groente
  • 100 g endamame-bone
  • olyfolie

Rangskik slaai op plank en sprinkel endamame-bone bo-oor. Sit voor saam met olyfolie.