4 porsies

Kook 4 eiers vir 5 minute. Laat afkoel en halveer. Breek 2 snye witbrood in stukke en verhit 15 ml olyfolie en 15 ml botter in ’n pan. Braai broodstukke tot goudbruin en dreineer op kombuispapier. Sny 4 gerookte hoenderborsies in skywe. Sny 1 avokado in skywe. Sny 1 rooi-ui in dun skywe. Plaas 40 g bronkors in ’n slaaibak en rangskik al die bestanddele bo-op. Meng 100 ml olyfolie, 5 ml Dijon-mosterd, 1 fyngekapte knoffelhuisie en 50 ml suurlemoensap. Geur met sout en peper en gooi oor slaai net voor jy dit voorsit.