(4 porsies)

  • 500 g koeskoes
  • 50 g botter
  • 250 ml kookwater
  • 250 ml warm hoender-aftreksel
  • 100 g bosbessies (cranberries)
  • 100 g sultanas
  • 100 g makadamia-neute
  • 50 g dennepitte
  • 150 ml koljander en pietersielie, gekap
  • 200 ml sprietuie, gekap
  • 100 ml vars boerbone (broad beans)
  • 120 ml suurlemoensap
  • 100 ml olyfolie
  • 30 ml suurlemoenskil, gerasper
  • 5 ml lemoenskil, gerasper
  • 60 ml dukka
  • eetbare blommetjies om te garneer (opsioneel)

Sit die koeskoes en botter in ’n groot mengbak. Gooi die kookwater en hoender-aftreksel oor. Laat staan vir 5 minute. Roer die koeskoes met ’n vurk totdat dit lekker los is. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed. Garneer met eetbare blomme.