Dit klink dalk na 'n vreemde kombinasie, maar dis heerlik koel.

(genoeg vir 6)

  • 3 groot lemoene
  • 2 rooi-uie
  • 100 g ontpitte swart olywe, gehalveer
  • 70 g granaatpitte
  • 45 ml olyfolie
  • sap van 1 suurlemoen

Sny die skil plus die wit gedeelte onder die skil van die lemoene af. Sny lemoene in skywe en rangskik op opdienbord. Sny uie in baie dun ringe en rangskik bo-op lemoene. Sprinkel olywe en granaatpitte bo-oor. Meng olyfolie en suurlemoensap en sprinkel oor net voor jy dit voorsit.