(6 - 8 porsies)

  • 500 ml droë lensies
  • 30 ml olyfolie
  • 4 chorizo-worse, in skywe gesny
  • 1 rooi soetrissie, in klein blokkies gesny
  • 1 geel soetrissie, in klein blokkies gesny
  • 1 rooi brandrissie, in ringe gesny
  • 1 groen brandrissie, in ringe gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Plaas lensies in 'n kastrol. Gooi koue water oor en maak seker die lensies is goed bedek. Bring tot kookpunt en laat kook tot sag. Dit neem gemiddeld so 45 minute tot 1 uur. Een belangrike wenk wat jy moet onthou, is om geen sout by te voeg as jy lensies kook nie, want dan word die lensies nie sag nie. Dreineer en laat koud word. Verhit olyfolie in 'n pan en braai worse vir sowat 10 minute. Meng nou al die bestanddele en geur met sout en peper. Gooi slaaisous oor. slaaisous

  • 180 ml olyfolie
  • 60 ml suurlemoensap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 15 ml korrelmosterd
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Meng alles goed saam.