Genoeg vir 4

Gaarmaaktyd: 5 minute

Slaaisous

• 160 ml olyfolie

• 15 ml heuning

• 80 ml rooiwyn-asyn

• 30 ml mosterd

• 5 ansjovis-filette, fyngekap

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• 1 brandrissie, fyngekap

 Slaai

• 250 g halloumi, in repe gesny

• 2 x 400 g-blikke lensies, gedreineer en afgespoel

• 200 g ontpitte swart olywe, gedreineer

• 3 geel soetrissies, in blokke gesny

• 200 g kersietamaties, gehalveer

• 1 rooi-ui, gehalveer en in repe gesny

• hand vol pietersielie, basiliekruid en kruisement, grofgekap

• sout en varsgemaalde swartpeper

Meng al die bestanddele vir die slaaisous – olyfolie, heuning, rooiwyn-asyn, mosterd, ansjovis-filette, knoffel en brandrissie – goed saam. Verhit ’n pan oor matige hitte en braai skywe halloumi weerskante tot bruin en bros (geen olie is nodig nie). Sit lensies, olywe, gebraaide halloumi, soetrissies, tamaties, rooi-ui en kruie saam in ’n opdien bak. Gooi slaaisous oor en geur