Resep deur Annerien Vermeulen

(6 porsies)

  • 200 g gemengde blaarslaaimengsel met roket
  • 1 avokado, in skywe gesny
  • 5 ml suurlemoensap om oor avokado te sprinkel
  • 1 mango, in skywe gesny
  • 50 g kasjoeneute, gerooster
  • 3 soetrissies (groen, geel en rooi) – gebak, skil afgetrek en in repies gesny
  • 12 lietsjies, geskil en in helfte gebreek
  • 50 g boontjiespruite
  • 20 ml grasuie, gekap
  • maklike geroosterde hoender*, in repies gesny
  • sout en peper

Slaaisous

  • 125 ml vetvrye gewone jogurt
  • 125 ml laevet- of vetvrye mayonnaise
  • 5 ml kerriepoeier
  • sout en peper na smaak

Pitabrood-croutons

  • 2 bruin pitabrode
  • olyfoliesproei
  • sout en peper

Pak al die slaaibestanddele op ’n bord. Vir die Sous Meng bestanddele vir slaaisous. Proe om seker te maak dit smaak lekker – sit ekstra kerriepoeier by indien nodig. Gooi oor slaai net voor opdiening. Vir die croutons Verhit die oond tot 200 °C. Sny die pitabrode dwars in die helfte. Sny elke pitahelfte in kwarte (jy het m.a.w. nou 16 kwarte). Spuit elke pitakwart met olyfoliesproei en geur met sout en peper. Plaas in oond en bak tot croutons ligbruin en bros is. Sit voor met slaai.

*Maklike geroosterde hoender

(6 porsies)

  • 100 vetvrye italiaanse slaaisous
  • 6 vellose hoenderborsies/filette

Plaas hoender tussen 2 velle kleefplastiek en kap tot dit dunner is. Laat marineer sowat 30 minute in die slaaisous. Dreineer. Verhit die rooster-element van die oond of ’n riffelpan. Rooster hoender vir 12 – 15 minute tot gaar. Draai een keer om en borsel met die slaaisous gedurende die braaiproses.