(4 - 6 porsies)

  • 6 eiers
  • 2 blikke (425 g elk) makriel
  • 1 baba-gem-blaarslaai of enige slaaiblare wat jy verkies
  • 4 tamaties, in skywe gesny
  • 1 ui, in ringe gesny
  • 100 g swart olywe
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Plaas eiers in kastrol en vul met koue water. Bring tot kookpunt en laat kook vir 5 - 6 minute. Dreineer water en gooi onmiddellik koue water oor. Laat koud word en verwyder dop. Halveer elke eier. Dreineer geblikte vis en verwyder grate. Breek in groot stukke. Plaas blaarslaai in 'n bak en rangskik al die bestanddele bo-op. Geur met sout en peper.