(2 porsies)

Vir die hoender

  • 20 ml Hillcrest olyfolie
  • 320 g hoenderfilette, in repe gesny
  • 2 ml sout
  • 2 ml varsgemaalde swartpeper
  • 5 ml suurlemoensap

Verhit olyfolie in ‘n pan en braai die hoender tot goudbruin. Geur met sout, swartpeper en suurlemoensap en laat eenkant om af te koel.

Vir die slaai

  • 40 g blaarslaai van jou keuse, grofgebreek
  • 1 groen appel, stronk verwyder, in 1 cm-stukkies gesny
  • 1 lemoen, geskil en in segmente gesny
  • 30 g gevlokte amandels
  • 50 g fetakaas, in blokkies gesny
  • 50 g Hillcrest olywe, ontpit
  • 50 g kersietamaties, gehalveer
  • 50 g geelwortels, geskil en fyngekap
  • halwe geel soetrissie, fyngekap
  • halwe avokadopeer, in blokkies gesny
  • 20 ml Hillcrest olyfolie
  • sout en grofgemaalde swartpeper na smaak

Plaas al die slaai-bestanddele en die afgekoelde hoender in ’n groterige mengbak. meng alles liggies saam.