6 porsies

  • 6 ontbeende hoender-borsies, sonder vel
  • 1 houer (150 g) ongegeurde jogurt
  • 30 ml fyngekapte origanum
  • 30 ml fyngekapte roosmaryn
  • 30 ml fyngekapte basiliekruid
  • 30 ml fyngekapte pietersielie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • olyfolie, om in te braai
  • halwe botterskorsie, in vingers gesny
  • 8 murgpampoentjies, in vingers gesny
  • 8 babamielies, gehalveer in die lengte
  • 250 g sampioene
  • 400 g babatamaties
  • 30 ml dennepitte
  • 1 pak roketblare

Die hoenderfilette word oornag gemarineer in jogurt. Verhit oond tot 180 °C. Plaas gemarineerde hoenderborsies op ’n houtplank en sny in repe. Meng al die kruie. Rol hoender in kruie. Geur met sout en swartpeper en braai tot ligbruin in olyfolie. Laat afkoel. Braai botterskorsie, murgpampoentjies, mielies en sampioene en hou eenkant. Plaas babatamaties op ’n bakplaat en rooster vir sowat 5 minute. Braai dennepitte in olyfolie tot ligbruin. Plaas roketblare op ’n slaaibord en rangskik hoender, groente en en tamaties bo-op. Sprinkel dennepitte oor.