Lewer 24 snye

Tert

  • 160 g hawermout
  • 40 ml semels
  • 5 ml sout
  • 10 ml bakpoeier
  • 100 g volkoringmeel
  • 4 klein appels, geskil en gerasper
  • 250 ml Bulgaarse jogurt
  • 2 eiers
  • 150 ml sultanas
  • 30 ml droë-appelkose
  • 50 ml heuning
  • 10 ml vanieljegeursel
  • 100 ml gevlokte amandels, gerooster

Grenadella-sous

  • 100 ml water
  • 100 ml suiker-plaasvervanger
  • 10 kruisementblare, in dun repies gesny
  • sap en skil van 1 suurlemoen
  • 6 vars grenadellas
  • bessies van jou keuse

Tert Verhit oond tot 180 °C. Meng al die droë bestanddele en appels in ’n mengbak. Klits die jogurt en eiers en kombineer met die droë bestanddele en dan met die res van die bestanddele. Gooi mengsel in ’n voorbereide 23 cm-losboom-koekpan en bak vir ongeveer 1 uur. Sous Kook water en suikerplaasvervanger saam tot dit soos ’n stroop lyk. Voeg die kruisementblare, sap en skil by. Kook vir ’n paar minute. Laat afkoel en roer dan die grenadella by. Sit voor Sny tert in skywe. Sit voor saam met grenadellasous en bessies van jou keuse.