Die slaai is veral vir die kinders, en die ertjies sorg dat hulle sommer ook ’n bietjie groente inkry.

  • 250 g mezze cocciolette-pasta (klein skulpie-pasta)
  • 30 ml olyfolie
  • 500 ml mayonnaise
  • 250 ml Bulgaarse jogurt
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 250 ml ertjies, vars of bevrore
  • 2 groot hande vol babaspinasieblare

Kook pasta volgens aanwysings op pak. Dreineer en laat afkoel. Gooi die olyfolie oor die pasta sodat dit loskom van mekaar. Meng mayonnaise en jogurt, roer deur pasta en geur met sout en peper. Stoom of kook ertjies tot net sag en voeg by. Plaas spinasieblare op opdienbord en skep pasta bo-op.