(4 - 6 porsies)

  • 500 ml pastarys
  • 50 g dennepitte
  • 100 g swart olywe, ontpit
  • 200 g klein rosa-tamaties, gehalveer
  • 30 - 40 ml basiliekruid-pesto
  • 30 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 50 g parmesaan-kaas, in baie dun skywe gesny
  • paar vars basiliekruidblare

Kook pasta volgens aanwysings agterop pak. Dreineer en laat afkoel. Verhit 'n pan en rooster dennepitte tot net bruin. Meng pasta, dennepitte, olywe, tamaties, pesto en olyfolie. Geur met sout en peper. Plaas parmesaan-skywe en vars basiliekruid bo-op.