Resep deur Annerien Vermeulen

Die slaai lyk so mooi dat jy dit as hoofgereg kan voorsit, met bv. geroosterde botterskorsie of miskien gerookte hoender.

Genoeg vir 8 – 10 mense

  • 1 – 2 komkommers, in skywe gesny
  • 200 g roketblare
  • 300 g gemengde slaaiblare
  • 250 g aarbeie, gehalveer
  • 50 ml pampoenpitte, gerooster
  • 50 ml gekapte pietersielie
  • 100 g laevet-bokmelkkaas, in stukke gebreek (soos Chevin)
  • olyfolie na smaak
  • balsemasyn na smaak
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • mikrokruie vir garnering
  • gekonsentreerde balsemasyn vir garnering

Meng die komkommer, slaaiblare, aarbeie, pampoenpitte en pietersielie en skep in ’n mooi bak. Breek kaas bo-oor en geur met die olyfolie, asyn en sout en peper na smaak. Garneer met vars mikrokruie en gekonsentreerde balsemasyn.