• ½ rooikool, in repies gesny
  • 1 rooi soetrissie, in repies gesny
  • 6 sprietuie, gekap
  • ½ groenkool, in repies gesny
  • 250 ml geroosterde amandels
  • 250 ml sonneblomsade

Slaaisous

  • 125 ml heuning
  • 10 ml vars gemmer, gerasper
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 125 ml sojasous
  • 45 ml balsemasyn
  • 125 ml sonneblomolie
  • 10 ml sesamolie

Meng al die bestanddele saam in ’n groot mengbak. Meng nou die slaaisous-bestanddele goed en gooi oor die slaai. Meng weer goed.