4 porsies

Meng sap van halwe suurlemoen, 1 fyngekapte knoffelhuisie en 30 ml olyfolie. Smeer oor 600 g riboog- of rumpsteak. Verhit ’n riffelpan tot baie warm. Braai steak so 2 minute aan elke kant. Geur met sout en peper en laat rus vir 10 minute en sny in baie dun skywe. Rangskik op opdienbord en gooi sowat 40 g vars roket oor. Sny 100 g pecorino-kaas met ’n groenteskiller en plaas bo-op carpaccio. Sprinkel sowat 30 ml olyfolie oor slaai en sit voor saam met Dijon-mosterd en vars brood van jou keuse.