Resep deur Annerien Vermeulen

(10 porsies)

  • 20 ml laevet-margarien
  • 250 ml Canderel Yellow of ander suikerplaasvervanger
  • 2 eiers
  • 20 ml suikervrye
  • appelkooskonfyt
  • 5 ml koeksoda
  • 125 ml vetvrye melk
  • 5 ml bruin asyn
  • 250 ml volkoringmeel, gesif
  • knippie sout

Sous

  • 1 blikkie (380 g) ingedampte laevet-melk
  • 125 ml Canderel Yellow of ander suikerplaasvervanger
  • 20 g botter
  • 100 ml kookwater
  • 5 ml vanieljegeursel

Verhit oond tot 180 °C. Spuit ‘n oondvaste bak goed met kleefwerende kossproei. Room margarien en suikerplaasvervanger. Voeg die eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging. Voeg konfyt by. Roer die koeksoda by die melk en voeg die asyn by. Voeg die gesifte meel en sout om die beurt met die melk by die margarienmengsel. Skep die beslag in die voorbereide bak. Bak sowat 30 – 40 minute of tot gaar.

Sous

Meng al die bestanddele vir sous en verhit tot kookpunt. Giet oor poeding sodra dit uit oond kom. Sit voor met laevet-vla of diabetiese roomys.

Analise

1 porsie - 50 – 60 g

Energie - 346 kJ

Koolhidrate - 13 g

Proteïen - 4 g

Vet - 2g

Versadigde vet - 0,7g

Mono-onversadigde vet - 0,8 g

Poli-onversadigde vet - 0,5 g

Vesel - 1,5g

Glukemieselading(GL) - 7

Opmerkings

As jy by die porsie hou, is dit ‘n goeie laerkilojoule-, laer- GL-poeding.