(15 porsies)

  • 190 ml suikerplaasvervanger
  • 125 ml vetvrye vanieljejogurt
  • 60 ml kanola-olie
  • 3 groot eiers
  • 5 ml gemaalde kaneel
  • 1,2 ml gedroogde gemmer
  • 1,2 ml gemaalde neutmuskaat
  • 2,5 ml bakpoeier
  • 1,2 ml sout
  • 1,2 ml koeksoda
  • 310 ml klappermeel* (of volgraanmeel)
  • 1 groot blik (765 g) onversoete tertappels, in stukke gekap

Bolaag

  • 45 ml laevet-margarien, gesmelt
  • 45 ml sagte bruinsuiker
  • 50 ml vetvrye melk
  • 2,5 ml gemaalde kaneel
  • 250 ml klapper

Verhit oond tot 170 °C. Spuit ’n 25 x 10 cm-tertbak met kleefwerende kossproei. Klits suikerplaasvervanger, jogurt, olie, eiers, kaneel, gemmer, neut, bakpoeier en sout saam. Vou koeksoda en meel in. Roer gekapte appels by. Skep in voorbereide bak, en bak dan 35 – 40 minute tot gaar in warm oond.

Bolaag Terwyl tert bak, meng al die bestanddele vir bolaag. Skakel oond se roosterelement aan. Skep bolaag oor warm tert sodra dit uit oond kom. Plaas onder roosterelement vir 2 – 3 minute tot bolaag ligbruin is. Sny tert in blokkies. Heerlik met laevet-vla of diabetiese roomys.

* Klappermeel is ’n produk van Cocopure. Die meel is glutenvry, hoog in vesel en is geklassifiseer as lae gI. Dit bevat 71 g koolhidrate per 100 g meel.

Spesery-klapperappeltert - analise (15 porsies - 1 porsie = 1sny)

Energie - 932 kj

Koolhidrate - 20 g

Proteien - 4 g

Vet - 15 g

Vesadigde vet - 8,5 g

Mono-onversadigde vet - 3 g

Poli-oversadigde vet - 2 g

Cholesterol - 47 mg

Glukemiese lading (GL) - 8