(Genoeg vir 4)

Braaityd: sowat 5 minute

  • 350 g rib-steak (rib-eye)
  • 30 ml worcestersous
  • 15 ml sojasous
  • 15 ml olyfolie
  • sap van halwe suurlemoen
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 100 g baba-spinasieblare
  • 1 blik (400 g) lensies, gedreineer en afgespoel
  • 15 radyse, in skyfies gesny
  • sowat 10 klein sprietuie
  • mikrokruie

Peperwortelsous

  • 30 ml peperwortel
  • 15 ml crème fraîche
  • 15 ml room
  • 15 ml olyfolie

Plaas steak in bak. Gooi worcestersous, sojasous, olyfolie en suurlemoensap bo-oor. Verhit riffelpan tot baie warm. Braai steak weerskante vir sowat 5 minute, of langer as jy dit gaarder verkies. Haal uit pan en geur met sout en peper. Laat staan minstens 10 minute. Rangskik spinasie op groot opdienbord. Rangskik lensies en radyse bo-op. Sny steak in dun skywe en rangskik bo-op saam met sprietuie. Sprinkel mikrokruie bo-op.

SOUS

Meng al die bestanddele en sit voor met die slaai.