GENOEG VIR 8

• 1 x basiese tertkorsdeeg
• 125 ml suurlemoensap (sowat 5 suurlemoene)
• 190 ml gladde maaskaas
• 3 eiers
• 20 g (200 ml) xilitolversoeter
• gerasperde skil van 1 suurlemoen
• bessies vir voorsit

Verhit oond tot 180 °C. Rol tert-korsdeeg op meelbestrooide werkvlak uit tot sowat 2 mm dik. Spuit 8 ronde losboom-quichepanne met ’n deursnee van 5 cm goed met kleefwerende kossproei. Voer panne uit met deeg. Meng res van bestanddele behalwe bessies saam tot glad om vulsel te maak. Plaas uitgevoerde panne op bakplaat en verdeel vulsel tussen die panne. Bak 15 – 20 minute of tot gestol soos jellie. Laat 2 uur lank afkoel in yskas. Haal uit panne en sit voor met bessies van jou keuse.