(4 porsies)

  • 400 g ryp tamaties
  • 5 ml growwe sout
  • 90 ml olyfolie
  • 30 g vars basiliekruidblare, geskeur
  • 1 rooi-ui, fyngekap
  • 150 g rogbrood
  • 100 g swart olywe, ontpit

Halveer tamaties en verwyder pitte. Sny tamaties in blokke en plaas in 'n groot bak. Sprinkel growwe sout en olyfolie oor. Voeg basiliekruid en ui by. Meng goed. Breek brood in stukke en voeg saam met olywe by slaai.