Dit is so 'n eenvoudige slaai, maar die kombinasie van vars basiliekruid en ryp tamaties is heerlik.

(Genoeg vir 4)

  • 6 groot tamaties van jou keuse
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • sowat 10 vars basiliekruidblare
  • sowat 30 ml olyfolie

Sny tamaties in skywe. Plaas op opdienbord. Geur met sout en peper. Rangskik basiliekruidblare bo-op en sprinkel met olyfolie. Sit dadelik voor.