(6 - 8 porsies)

  • 800 g tamaties (groot rosatamaties, kersietamaties en klein rosa-tamaties)
  • 150 g sagte mozzarellakaas, in stukke gebreek
  • 1 rooi brandrissie, in dun repies gesny
  • 30 g vars roket
slaaisous

  • 25 ml balsemasyn
  • 120 ml olyfolie
  • 30 ml suurlemoensap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Sny die groot tamaties in skywe. Halveer van die kleiner tamaties en hou die heel kleinste tamaties heel. Meng tamaties met roket en rangskik kaas en brandrissie bo-op. Meng al die bestanddele vir jou slaaisous en sprinkel oor of sit apart voor.