Episode 9:

Ná die verlies van sy ma vier Herman Lensing haar lewe en liefde vir kos in ’n plattelandse kombuis naby Malmesbury. Rina Theron kuier in episode 8 by hom en saam maak hulle kos wat proe soos huis.

FOTO Skermgreep uit 'Dit proe soos huis'
FOTO Skermgreep uit 'Dit proe soos huis'

Rina Theron se outydse melksnysels

Moenie suinig wees met die meel wanneer jy hierdie outydse lekkerny maak nie, want dit gee substansie aan die gereg.

genoeg vir 6

  • ¾ k koekmeelblom (plus ekstra ¼ koppie)
  • 1 t bakpoeier
  • ½ t sout
  • 2 lit melk
  • 3 eiers, geskei
  • 1/4 k suiker
  • 1 t gerasperde suurlemoenskil
  • ½ t fyn kaneel
  • Kaneelsuiker om oor te strooi

Sif ¾ k meel, bakpoeier en sout saam. Roer van die melk bietjie vir bietjie by om ‘n stywerige uitrolbare deeg te vorm. Rol die deeg baie dun uit op ‘n meelbestrooide oppervlakte. Strooi nou die ekstra ¼ k meel oor die uitgerolde deeg en rol deeg op en sny met baie skerp mes in baie dun repies. Skud die snysels liggies met die vingers los. Hou eenkant. Verhit die res van die melk in ‘n groot kastrol tot kookpunt. Roer die snysels by sonder om die meel af te skud. Verminder die hitte en kook die mengsel vir sowat 10 minute terwyl jy gedurig roer. Klits die eiergele, suiker, suurlemoenskil en kaneel saam. Roer ‘n bietjie van die kokende melkmengsel by die eiermengsel en dan weer terug by die melkmengsel. Laat opkook. Klits die eierwitte tot net styf. Skep in ‘n groot opdienbak. Skep die gaar melksnysels op die eierwitte, strooi kaneelsuiker oor en sit dadelik voor.

Kyk die proe soos huis op VIA-tv (kanaal 147):

Maandag om 17:30 met heruitsending op Maandae om 11:30 en 23:30, Woensdae om 19:00 en Sondae om 16:30