Frikkadelle

  • 500 g maalvleis
  • 1 middelslag-ui, fyngekap
  • 2 snye bruinbrood (bruinbrood bind beter), geweek in 'n klein bietjie melk
  • 2 eiers
  • 2,5 ml sout
  • 1,25 ml origanum
  • 1,25 ml fyn naeltjies
  • 1,25 ml fyn swartpeper
  • 15 ml braaivleisspeserye (Robertson's)
  • 100 ml fyn appelkoosblatjang

Verhit oond tot 180 °C. Meng al die bestanddele saam en vorm frikkadelle. Sit in 'n gesmeerde bak. Plaas in oond en bak vir sowat 40 - 45 minute.