Dis vandag Sjokoladekoekdag en ons kla nie!

Van die soetste drome smaak soos sjokoladekoek. Hier is vyf resepte vir almal wat altyd smag na nóg ’n stukkie – van my ouma se byna wêreldbekende sjokoladekoek tot selfs ’n spogkoek uit ’n boks!

Hier is vyf van my gunstelinge – probeer al vyf en kies jóú wenner! 

Wat maak ’n goeie sjokoladekoek ’n droomkoek? Die voorkoms, smaak of resep? Ina Paarman, skepper van SA se ikoniese bokskoek wat nooit flop nie, sê:
"Jy moet die sjokolade próé! En die koek moet drie dae later, wanneer jy smag na ’n oorskietstukkie, nog net so lekker wees!"

– Ina Paarman En het jy geweet nuusman Riaan Cruywagen het ’n suikertand?

"Ek is ’n selferkende sjokoladeverslaafde. As ek aan sjokoladekoek dink, proe ek weer die heerlike koeke wat my oorlede moeder in my kleintyd gebak het – veerlig, met ’n dik sjokoladeversiersel waarop sy, presies in die middel, ’n rooi kersie geplaas het!"

– Riaan Cruywagen

riaan cruywagen_14 Riaan Cruywagen is 'n selferkende sjokoladeverslaafde FOTO: Phyllis Green

Lees nou

Herman kry 5 lekkerste Oreo-resepte

Trendy waatlemoendrankie: Stout of gesond – jy kies!

Inspirasiekos met SARIE: sê ‘kaas’!