Alhoewel eiers in die verlede ’n slegte reputasie gekry het jeens cholesterol-vrese, het die Britse Mediese Joernaal weer onlangs bewys dat gematigde inname van eiers nie ’n effek op hartsiektes en beroertes het nie. Hier is nóg 6 goeie redes om eiers te eet:

1

Eiers is een van die min voedselsoorte wat as ’n volledige proteïen beskou word. Dit bevat die 9 essensiële aminosure wat die liggaam nie self kan vervaardig nie en wat as die boustene van die liggaam beskou word. Dit help in die vorming van proteïen en is lewensnoodsaaklik om jou lyf gesond te hou. ’n Groot eier bevat sowat 6 g proteïen.

2

Eiers is een van die min natuurlike bronne van vitamien D. Die liggaam kan dit ook vervaardig as dit gereeld aan sonlig blootgestel word.

3

Eiers maak jou slim! Eiergeel is propvol cholien, ’n stof wat die werking en ontwikkeling van jou brein stimuleer.

4

Eierwit bestaan 90% uit water waarin proteïene (o.m. albumien) opgelos is. Dit bevat sowat 57% van die eier se proteïenwaarde en byna geen vet nie. Dis ook vol magnesium, wat bene sterk hou.

5

Die antioksidante in eiergeel help beskerm jou oë teen die son se skadelike ultravioletstrale. Navorsing het ook gewys dit speel moontlik ’n groot rol om die risiko van ouderdomsverwante blindheid te verminder.

6

Die hoë swaelinhoud en wye verskeidenheid vitamiene en minerale in eiers bevorder gesonde hare en naels.

Lees nóg oor die voordele van eiers HIER.

Heerlike eier-resepte uit die SARIE-argief

FOTO: Micky Hoyle FOTO: Micky Hoyle

Eier Florentine

FOTO: Micky Hoyle FOTO: Micky Hoyle

Eier gebak in gebraaide brood

FOTO: Micky Hoyle FOTO: Micky Hoyle

Eier-en-ham-bakkies

FOTO: Micky Hoyle FOTO: Micky Hoyle

Eier-en-spinasieslaai

Addisionele bron: Huffington Post