Tuiskos

Smaaklike salm
In die tunakoekies kan jy die tuna vervang met geblikte rooisalm van Mayfair. Dit
kos sowat R34 vir 415 g by supermarkte.

In ’n pakkie
Jy kan pleks van vars vis ook bevrore stokvis-filette van Sea Harvest gebruik vir die vis en-groente-gebak in papier. Maak seker die vis is heeltemal ontdooi vóór jy dit in die oond steek. Dit kos sowat R34 vir 600 g by supermarkte.

’n Aartapel-smash
Makliker kan dit nie: gooi net kookwater by vir blitsige, gladde kapokaartappels vir die tuna-koekies. Smash is in drie geure beskikbaar en kos sowat R8 per pakkie by supermarkte.

Mmmexikaans
Vir die quesadillas sal jy Old el Paso Burrito Tortillas nodig hê. Jy kan hulle ook vir jou gunstelingwrap gebruik. Dit kos sowat R47 vir ’n pak van 10 by supermarkte.