Meeste van die geregte sal kykers herken van die TV-program, maar nóú, danksy die kookboek, kan kykers dit vir die eerste keer self maak en proe.
 
Die resepte sluit in Matrone se melktert en 'n Generaal De la Rey-koek met droë vye en pekanneute, Charmaine se hoenderbrijani en karringmelk-poeding, Hilda se dadelvingers en sunrise surprise special, Lukas se geroosterde pepervolstruis en avokado-en-salmmousse en forel, Paula se cocktails en roerbraairesepte, Mariase resepte van Moekie, by wie sy leer kook het, en Vince deel resepte vir klein happies wat by funksies voorgesit kan word.
 
Danie Odendaal, vervaardiger van 7de Laan, sê oor dié nuwe produk vir kykers: "Ek is verheug oor die projek en het self van die resepte beproef - uiteindelik weet ek nou hoe Hilda se dadelvingers en Matrone se melktert proe! Ek het nog altyd daaroor gewonder. Dit was groot pret om aan die kookboek te werk en ek is baie trots op die resultaat. Maar ons het ook harde bene gekou, want die kokke is hipergesteld op hul disse. Elke soet-suur of sout-soet kombinasie moes perfek wees. Ek vertrou ons kykers wat dié disse beproef, sal hul toewyding kan

Eksklusief -
2 resepte uit die boek

Klik vir 'n voorsmakie

 

 proe."
 
Die bekende skrywer André P. Brink, wat 'n 7de Laan-entoesias is, het ook net komplimente vir dié nuwe kookboek: "'n Bestanddeel van die lekkerte wat 7de Laan lekkerder as ander sepies maak, is die kos. En lekker kry nuwe betekenis in 7de Laan Kook."

Kerneels Breytenbach is die skrywer van 7de Laan Kook.

Hier's foto's van die bekendstelling by die Hyde Park-winkelsentrum Dinsdagaand.

Jacques Blignaut (Vince)
Jacques Blignaut (Vince) teken 'n boek Die hele groep L-R – Danie Odendaal (vervaardiger),
Colin Howard (lyn-vervaardiger) Vinette Ebrahim,
Hendrik Cronjé, Amalia Uys, Jacques Blignaut, Annelisa Weiland,
‘n lid van die publiek, Kerneels Breytenbach wat die boek se teks
geskryf het,  Annie Basson (toesighoudende vervaardiger),
Annelize van der Ryst en  Daleen van der Merwe wat die resepte
in die boek saamgestel het.
 
Daleen van der Merwe (Uitgewer) Diaan Lawrenson (Paula)
Daleen van der Merwe wat die resepte
in die boek saamgestel het
Diaan Lawrenson (Paula) teken 'n boek vir 'n leser