Stylkos

Vat vlam
Abe Conradie se reeks olies en souse sluit sy Sweet Fire-rissiesous in, gegeur met sitroengras en gemmer. Hy gebruik dit vir sy rou-gaar biefstuk met tropiese vrugte-salsa
en roket-slaai. Beskikbaar by uitsoeksupermarkte en deli’s.

Perfekte risotto
Jy benodig Italiaanse risottorys (arborio-rys) van Tastic vir die rou-gaar biefstuk met tropiese vrugte-salsa en roket-slaai. Dit kos sowat R43 vir 1 kg by supermarkte.

Portabellini
Portabellinisampioene is ferm, met ’n effens neuterige smaak. Vervang die porcini-sampioene by die rou-gaar biefstuk gerus met hierdies as jy nie porcini kan kry nie. Denny s’n kos sowat R16 vir 250 g by supermarkte.

Organiese aftreksel
Die rou-gaar biefstuk benodig ’n goeie hoenderaftreksel. Probeer Woolworths se organiese een, wat sowat R17 per liter kos enin ’n nuttige herseëlbare boksie kom.