• 1 kg maalvleis
  • 1 middelslag-ui, gerasper
  • 1 klein tamatie, gerasper (sonder skil)
  • 2,5 ml neut
  • 2,5 ml naeltjies
  • 5 ml koljander
  • 7 ml sout
  • 15 ml asyn
  • 100 ml hawermout
  • 50 ml water
  • 125 ml fyngekapte pietersielie
  • peper na smaak
  • 25 ml vleissous-, beesstert- of tamatiesoppoeier
  • 250 ml water
  • 1 tamatie, in ronde skywe gesny
  • gemengde kruie na smaak

Voorverhit oond tot 180 °C. Meng bestanddele met 'n groottand-vurk (nie knie nie!), vorm frikkadelle en plaas knus in oondbak met 'n deksel, of gebruik foelie. Meng 25 ml vleissous-, beesstert- of tamatiesoppoeier of 'n mengsel van die 3 met 250 ml water (ek kook gewoonlik myne eers in die mikrogolfoond) en giet versigtig oor frikkadelle. Sit 'n skyfie tamatie op elke frikkadel en sprinkel 'n bietjie gemengde kruie op elk. Bak vir 'n halfuur toegemaak en dan vir nog 'n halfuur oop tot lekker bruin en gaar.

Wenk: Die frikkies vries goed in hul sous.