Die kraakvars groen groente, romerige avokado en interessante kaas maak dat hierdie slaai net so lekker lyk as wat dit is! Geniet dit met die pikante slaaisous as bygereg in die somer.

westfalia tag

genoeg vir 6

Mosterd-vinaigrette

• 30 ml Westfalia Plain Avocado Oil

• 30 ml Westfalia Lemon-Flavoured Avocado Oil

• 10 ml korrelmosterd

• 30 ml wit balsem- of appelasyn

• 10 ml heuning

• 15 ml vars tiemieblare

• 15 ml grofgekapte vars mentblare

Groenslaai

• 300 g broccoli, in blomme gesny

• 3 klein murgpampoentjies, in linte gesny (sien wenk)

• ½ komkommer, in linte gesny (sien wenk)

• 2 hande vol baba-slaaiblare

• 2 avokado’s, in kwarte en dan in wiggies gesny

• 100 g ricotta- of feta-kaas, gekrummel

• swartpeper na smaak

Vinaigrette: Meng al die bestanddele saam.

Groente: Plaas die broccoli-blomme en murgpampoentjielinte in ’n vlak bak en bedek met kokende water. Laat dit vir ’n paar minute staan totdat dit net-net sag is. Dreineer en verfris met koue water.

Plaas die groente op ’n opdienbord met die komkommerlinte, slaaiblare en avokado-wiggies en strooi die kaas oor. Sit voor met die slaaisous en growwe swartpeper.

Westfalia olies Westfalia se reeks olies

Kombuiswenke

1. Sny groente soos komkommer en murgpampoentjies in linte met ’n groenteskiller.

2. Die slaaisous is heerlik saam met enige slaai. Jy kan dit ook gebruik as marinade vir hoender of vis.

3. Bokmelkkaas sal ook lekker wees by dié slaai.