Hier is 'n lusmaker van die 20 Julie 2011-episode van Roer! met SARIE KOS se Barbara Joubert en SARIE se Herman Lensing waar hulle vir aanbieder Tammy-Anne Fortuin en kykers wys hoe om jou pêlle op 'n Franse manier te onthaal.

Hulle maak 'n driegangmaal met aspersies met hollandaisesous as voorgereg, tartiflette (aartappelgebak) as hoofgereg en sjokolade-en-karamelterrien as nagereg. 

Die resepte sal tydens die program hier op sarie.com gepubliseer word.

Hier's jou voorsmakie: