Checkers wil seker maak dat jy dié feesseisoen behoorlik kan ontspan.

As die melk op is, gaste onverwags opdaag of as jy laat wil slaap, kan jy met die klik van ’n knoppie jou kruideniersware aanlyn bestel.

Jou Checkers-produkte sal binne 40 minute voor jou deur in Kaapstad afgelewer word.

Hoe so? Checkers het met UberEATS saamgespan om ’n reeks produkte op hul aflewering-app in Kaapstad beskikbaar te maak.

Volgens Neil Schreuder, Checkers se bemarkingsbestuurder, fokus die kleinhandelaar toenemend op gesonde geriefsgeregte van topgehalte. “Dié vennootskap met UberEATS maak dit net nóg meer gerieflik vir mense,” sê hy.

Jy sal altyd reg wees vir 'n braai met Checkers en UberEATS

Die produkte op die app is spesiaal uitgesoek met die volgende in gedagte:

1. Braai op die nippertjie? Bestel vuuraanstekers, brikette, Steakhouse Classic-rump, Championship-boerewors, spek-en-kersie-stokkies, knoffelbrood en selfs nagereg.

2. Wil jy ontbyt in die bed geniet? Bestel vars croissants, muffins, koffie, vrugtesap en die koerant.

3. Benodig jy basiese items soos melk, brood en kaas? Bestel dit aanlyn.

4. Neem ’n ruskans en bestel ’n hele gesinsmaaltyd aanlyn. Kies tussen lasagne, lamskerrie en beesstert. Kinders kan smul aan Gordon Ramsay se heerlike Oh My Goodness!-geriefsreeks.

5. Lus vir ’n glas wyn? Bestel uit Checkers se LiquorShop ’n wye verskeidenheid wyn of ander drankies soos sjampanje, bier en whisky. 

Gordon Ramsay se heerlike Oh My Goodness!-geriefsreeks

Checkers-produkte op UberEATS is beskikbaar binne ’n 3,5 km-radius van Checkers Sea Point en Checkers Kloof Street in Kaapstad.

Hoe om die diens te gebruik:

1. Laai die UberEATS-app af van iTunes of die Android-app-winkel.

2. Teken in met jou bestaande Uber-rekening of skep ’n nuwe profiel.

3. Klik op jou afleweringsadres.

4. Soek “Checkers” om na die reeks produkte te kyk.

5. Kies die items wat jy wil koop en klik op “place order”.

6. Die app sal jou in kennis stel wanneer die aflewering by jou is.