Dis nie sommer enige braai nie, dis 'n fees - van tradisioneel Portugees met sardientjies op die kole tot egte Spaanse Espatadas. Dan is daar natuurlik die plaaslike lekkertes - kabeljou, kruisskyf, maer lamtjops, gekookte aartappel en tamatie-uie-smoor.

Hier's die spyskaart

Brode:
Portugese rolletjies met twee laevet pepperdew- en witboondoopsouse
Olyf- en kruie-ciabbattas

Sop:
Gazpacho

Hoofgereg:
Gebraaide sardiens of vis (Portugese-styl)
Beesvleis Espatada
Gebraaide spithoender
Mielies op die stronk
Aartappel in die skil (gebraai)

Slaaie (maak jou eie):

Blaarslaai, avokado, beet, gerasperde wortel, aspersie, uieringe, tamaties, suurlemoen skyfies, olywe, kappertjiesaad, agurkies, fetakaas, gebakte croutons, pynappel, pepperdews, klein mielies en wortels, rooiblaarslaai, komkommer en geroosterde groente. Met Laevet-slaaisouse, olyfolie en balsamasyn.

  • Laevet koolslaai
  • Groenboon- en-tamatieslaai - vinnaigrettesous
  • Gegeurde rysslaai

Nagereg:
Kaalperskes of appelkose geposjeer in bosbessie-sous of suikergebraaide perskes.
Bedien met soet vanielje ricotta

Individuele sjokolade-bruintjies