Dit is deesdae ongewoon om deur foto’s op sosiale media te gaan sonder om ’n kosfoto raak te sien. Dit is al ’n trend om eers ’n foto van jou bord te neem vóór jy begin eet.

Wat dink jy is die kos wat die meeste afgeneem word? Hier is die lys met die top-20 geregte wat op Instagram gedeel word.

As jy deur die lys gaan, sou ek sê dat 80% van hierdie kosse trooskos is. Wat is nou lekkerder as ’n pizza – g’n wonder dit is nommer een nie!

Hamburgers, nommer 7 op die lys, en toebroodjies, nommer 14, is van die beste trooskos wat ek ken. Dit is ook die rede waarom ek in die Junie/Julie 2014-uitgawe van SARIE KOS 30 van die lekkerste burgers gemaak het. In die Oktober/November 2013-uitgawe van SARIE KOS het ek ook 30 van die lekkerste toebroodjies gemaak.

Hier is die top-20 gewildste geregte op Instagram

(en die lekkerste SARIE-resep as jy dit self wil maak!)

1. Pizza 19 701 393 foto’s

Margherita-Pizza Margherita-pizza

2. Sushi 13 481 221 foto’s

FOTO Instagram @honeymayflower FOTO Instagram @honeymayflower

3. Hoender 11 900 385 foto’s

Maklike gekrummelde hoender Maklike gekrummelde hoender

4. Slaai 9 784 722 foto’s

Deurmekaar slaai Deurmekaar slaai

5. Pasta 7 134 487 foto’s

Ravioli à la lasagne Ravioli à la lasagne

Onthou om jou kos te geniet terwyl dit nog warm is en nie té lank te sukkel om die perfekte Instagram-foto te kry nie!

BronDaily Mail

Lees nou

Ciabatta sonder moeite

Barbara se Eat, Pray, Love-pizza

Geroosterde hoender met broodkrummel-en-pietersielie-vulsel