"Daar's niks so erg as wanneer jou baas jou roep en daar sit 'n halwe kool op jou wang nie." Nataniël oor waarom kool altyd dun gesny moet word.

"Daar is mense wat mal is oor pers slaaiblare, ek eet dit nie. Ek eet niks wat dieselfde kleur as spatare is nie."

"Poppiesaad beteken vir my niks, behalwe dat ek dink dit maak plein kos grênd."

"Gebruik die mosterd met die heelpitjies. Dit sorg vir 'n verrassing."

"Pastrami - ek weet nie regtig wat dit is nie. Met alles wat deesdae aangaan ... eet ons bok, of eland? Ek weet nie wat aangaan nie. Maar met pastrami is jy veilig."

"Moet nooit jou vleisie plat sit nie, dan lyk dit soos iemand wat voor 'n bus ingeloop het."

"Daar is niks so treurig soos 'n broodjie sonder romigheid nie."

Net nadat hy die Ware liefde inpak-broodjie gemaak het: "As hierdie advertensie nou kom, begin ek hom vreet soos 'n vlugteling".

"As jy krummels en 'n pan sien, dan weet jy 'n basaar is oppad, want 'n tannie gaan vierkante sny."

"As jy so moeg is vir jou familie en jy dink jy gaan by 'n brug afspring, eet dan eerder hierdie stafies."

Oor 'n kosblik wat sukkel om oop te maak: "Gee hierdie maar vir 'n vet kind dan kan hulle die middag by die huis kom en sê 'Mamma, ek kon nie my kosblik oopkry nie'."

nataniel_630w