Noudat die somer se sonskynweer en langer dae hier is, is ’n yskoue drankie in die hand ’n móét. 

Min dinge kom by ’n verfrissende appelbier as jy jou dors wil les. Dis hoekom die mense van Loxtonia, ’n plaas buite Ceres, hard gewerk het om hul eie appelbier te maak. Die uiteinde: ’n topgehalte-, volkome natuurlike reeks wat geen preserveermiddels of kunsmatige bymiddels bevat nie.

Hul sider word gemaak van sonryp appels wat met die hand gepluk, vars gepars en natuurlik gefermenteer word. So leef hulle hul filosofie uit: van boord tot bottel.

Stigter en brouer Larry Whitfield het in 2013 sy huiswerk begin doen op die familieplaas.

Hy sê: “Ons natuurlike cider is ’n voorbeeld van ons familie se belofte om top-produkte te produseer wat ook nie die aarde negatief beïnvloed nie.”

Hierdie plaaslike appelwyn bied vir jou 'n keuse van vier geure.

Kies jou geur:

Crispy Apple Cider - ’n Verfrissende, vrugtige geur.

Loxtonia Cider se 'Crispy Apple Cider’

Sparkling Apple Cider - ’n Ligte groenappel-geur met ekstra borrels.

Loxtonia Cider se 'Sparkling Apple Cider'
 

Stone Fruit Flavored Apple Cider - Met ’n vars perske-aroma en note van nektarien en appel. Benoem as 2018 se Beste Appelwyn by die Cape Town Beer Festival! 

Loxtonia Cider se 'Stone Fruit Flavoured Apple Cider’

Pale Amber Apple Cider - ’n Bierstyl-appelwyn met note van karamel en appel.

Loxtonia Cider se 'Pale Amber Apple Cider’

Waar kan jy dit koop? Loxtonia Cider is beskikbaar by Checkers, Norman Goodfellows, Wine Concepts in die Kaap, Liquor City, Roeland Liquor in Kaapstad en uitgesoekte restaurante en Spar-winkels.

Koste? Sowat R120 vir ’n pak van 4.

Vir meer inligting oor Loxtonia Cider of om hul produkte aanlyn te koop, besoek www.loxtonia.co.za. Volg ook hul reis en herinneringe op Instagram en Facebook.

Onthou: ’n Appel ’n dag laat die dokter wag!