Toe ek jonger was en nog by my ouers gebly het, het ek elke keer as hulle nie by die huis was nie my pêlle genooi vir ete. Die lekkerste, dis nou behalwe die kook, was om die spyskaart te beplan. Dit het dae geneem, al was daar net drie gange. Ek het die meeste van die tyd die vorige dag al begin met die kookwerk. Hoe meer tyd ek in die kombuis bestee het, hoe lekkerder was dit. Dit geld vandag nog. Om die spyskaart vir die talmkos op bl. 22 uit te werk was vir my een groot fees!

Nooi jou vriende en familie vir 'n lekker herfsete en geniet die saamwees. Dis altyd 'n spesiale tyd.

Lekker kook!

Barbara Joubert, SARIE KOS, kosredakteur

Hier's 'n voorsmakie uit die nuwe uitgawe!

TALMKOS


5-uur lamsboud

Dié tyd van die jaar speel die weer nog lekker saam vir lang kuierdae met familie en vriende. Maak die 5-uur lamsboud vir so 'n lekker dag se kuier!

PROE DIE SEE


Seekos vars uit die water bly 'n groot gunsteling - maar bevrore is net so lekker. Probeer die gapermossel-en-tamatie-pasta

6-UUR TUIS EET HALF 7


Dis eenvoudige kos wat binne 30 minute klaar is - moeiteloos en bekostigbaar, soos die hoender-en-kaaskebabs.

5 + 1-KOSREEKS

(GEBRUIK 5 BESTANDDELE EN VOEG ELKE KEER 1 EKSTRA BESTANDDEEL BY VIR LEKKER AFWISSELING EN VERSKEIDENHEID)


Kies 5 bestanddele, voeg net een by en maak 5 verskillende disse! Probeer die oondgebakte hoender met botterskorsie

Die beste PEPERMENT-YSKASTERT in die land!

KOSKUIER ONDER 'N JAKARANDA


Heerlike onderstebo-groente-tert met port-afkooksel is op die spyskaart.

O LA-LA OLYWE


Olywe is vir veel meer bedoel as vir slaai. Kyk net die smul-lekker gebraaide olyfbrood!

MET ROOIWYN, JA!

Barbara is mal daaroor ommet rooiwyn te kook, kyk net die sjokolade-plaatkoekies met kersie-rooiwynsous.

GRAANKORRELS VOL VESEL


Dis goed vir jou om 'n verskeidenheid grane in te kry, probeer die koringslaai vir afwisseling.

GESOND EET = LEKKER EET


8 lae GI-resepte saamgestel deur Hilda Lategan. Heerlike herderspastei met gebakte bone.

MELK EN HEUNING VIR POEDING

Propvol natuurlike krag vir elke dag, maak dié heuning-appeltert met volkoring kors en proe self.