Hierdie sjokolade-kunswerk is 'n toonbeeld van pop art. Elke kleur wat gebruik is, is niks anders as sjokolade nie – dus kan Me. Zille nou as't ware haarself eet. En sy het genoem dat die sjokoladetrein tog veel lekkerder as die soustrein is!

 

Die werk is ten toon gestel by die bekendstelling van die nuwe Lindt sjokolade-studio in De Waterkant, Kaapstad – glo die eerste van sy soort ter wêreld. “Ek dink dit is gepas om te sê dat hierdie my soeter kant is,” het Zille gespot.