Dit word gehou op die oudste wyn landgoed van daardie omgewing, Allesverloren. Feesgangers kan van die land se beste olywe smaak sowel as port en wyn proe.

Daar is allerhande Mediterreense bederf vir die fynproewer. Olywe, olyfolie op vars gebakte brode, kase, konfyt en biltong is bo aan die spyskaart.

Daar is hope pret vir kinders en toegang is gratis.

Gaan geniet ’n dag vol rustige vrede en smul-lekkernye in Riebeeck-Kasteel.

Besoek www.riebeekvalley.info vir meer inligting.

 Leer ken Olywe Leer ken olywe
 Gebraaide Olyfbrood Maak 'n heerlike olyfbrood

Kry SARIE Kos Mei/Junie 2011 vir meer olyf-resepte