Meeste van die geregte sal kykers herken van die TV-program, maar nóú, danksy die kookboek, kan kykers dit vir die eerste keer self maak en proe.
 
Die resepte sluit in Matrone se melktert en ’n Generaal De la Rey-koek met droë vye en pekanneute, Charmaine se hoenderbrijani en karringmelk-poeding, Hilda se dadelvingers en sunrise surprise special, Lukas se geroosterde pepervolstruis en avokado-en-salmmousse en forel, Paula se cocktails en roerbraairesepte, Mariase resepte van Moekie, by wie sy leer kook het, en Vince deel resepte vir klein happies wat by funksies voorgesit kan word.
 
  Danie Odendaal, vervaardiger van 7de Laan, sê oor dié nuwe produk vir kykers: “Ek is verheug oor die projek en het self van die resepte beproef – uiteindelik weet ek nou hoe Hilda se dadelvingers en Matrone se melktert proe! Ek het nog altyd daaroor gewonder. Dit was groot pret om aan die kookboek te werk en ek is baie trots op die resultaat. Maar ons het ook harde bene gekou, want die kokke is hipergesteld op hul disse. Elke soet-suur of sout-soet kombinasie moes perfek wees. Ek vertrou ons kykers wat dié disse beproef, sal hul toewyding kan proe.”
 
Die bekende skrywer André P. Brink, wat ’n 7de Laan-entoesias is, het ook net komplimente vir dié nuwe kookboek: “’n Bestanddeel van die lekkerte wat 7de Laan lekkerder as ander sepies maak, is die kos. En lekker kry nuwe betekenis in 7de Laan Kook.”

Kerneels Breytenbach is die skrywer van 7de Laan Kook.

* Kry jou eksemplaar vir sowat R250. HIER 2 RESEPTE AS 'N VOORSMAKIE! GEROOSTERDE PEPERVOLSTRUISFILET Geroosterde pepervolstruisfilet
Lewer 6 porsies Marinade 700 ml sojasous 20 ml (4 t) groenpeperkorrels 20 ml (4 t) gekapte, vars gemmer 30 ml (2 e) appelasyn Volstruisfilette 6 x 200 g-porsies volstruisfilette varsgemaalde swartpeper sout en swartpeper na smaak Meng al die bestanddele vir die marinade en laat die vleis ongeveer 2 uur daarin marineer. Verwyder die vleis uit die marinade, rol in varsgemaalde swartpeper en braai in ’n warm pan oor matige hitte. Dis hier waar die flambé-oomblik nie moet geskied nie. Kook die marinade in ’n aparte kastrol tot effens dik om ’n sous te maak. Sit die filette voor met die sous, gekookte jong aartappels en ’n groen slaai. MOEKIE SE LAMSAAL Moekie se Lamsaal
Lewer 2 – 4 porsies 1 lamsaal (6 – 8 ribtjoppies) 60 ml (¼ k) olyfolie sap van 1 suurlemoen 2 ml (½ t) gerasperde suurlemoenskil 2 ml (½ t) sout 1 ml (¼ t) varsgemaalde swartpeper 2 knoffelhuisies, gekap 15 ml (1 e) gekapte vars pietersielie 5 ml (1 t) gekapte vars tiemie Mix die olyfolie, suurlemoen se sap en skil, die sout, peper en knoffel goed en vryf lekker met die hande oor die vleis. Vryf dit so ín, soos jy die baby oil by jou kinnertjies se boudjies ingevryf het. Strooi die kruie oor en laat die vleis at least 2 uur lank marineer, draai af en toe. Maak die oond voor die tyd warm tot by die 160 °C. Sit die vleis vetkant na bo op die rak van die oondroosterpan en rooster 30 – 40 minute tot goudbruin. Laat die vleis 10 minute rus, sny in porsies en serve dit dadelik saam met mash potatoes en groenboontjies.